![](https://assets12.geni.com/images/external/twitter_bird_small.gif?1706647929)
![](https://assets12.geni.com/images/facebook_white_small_short.gif?1706647929)
Volgens oorlewering het Pierre of Piet Joubert uit Swellendam getrek tot by Bauschdrift, Bethlehem distrik. Omdat hy nie op die grond gewoon het nie, word dit onteien. Hy trek toe na Phillepolis. Na sy oorlye trek sy seun Daniel, (toe n penkop) na Origstad. Die Basoetoe oorlog breek toe uit en Daniel sluit as vrywilliger aan. Na die oorlog kry die vrywillegers elkeen n plaas in die Vrystaat. Die Landdros en Landmeter ken toe n plaas in die Wilgerivier en Liebenbergsvlei omgewing aan Daniel toe. Daniel voel dat die plaas te groot is met te veel "Leeuens" wat hom sal vang. Hy moes toe sy bakens uitwys so groot as wat hy wil he. Nadat dit afgemeet was, was dit 22000 Morg. As jong knaap sit hy toe met die tamaai plaas en weet nie wat om daarmee te doen nie.Hy trek toe terug na Phillipolis. Daar is hy getroud met n mej Boshoff. UIt hierdie huwelik is my oupa grootjie Willem Joubert gebore. Hy was maar 8 jaar oud toe sy Moeder oorlede is. Sy Vader Daniel trou toe weer met n mej Meyer 9suster van tant Marja vd Watt nee Meyer[ tant Marja se man was oom Kerneels van der Watt.} Daniel trek toe na terug na Harrismith omgewing.Hy noem die plaas Uitvlug. Sy seun my Oupa grootjie Willem erf toe van Moederskant af n plaas n paar honderd morg groot, met die naam Smitherton in die distrik Harrismith en huur die plaas Vaalbank van sy Pa. My ouma Groorjie Agatha Catharina[Terblanche}was die dogter van Jan Terblanche en n nooi de Jager { gebore Kemp.} Toe Agatha maar vyf maande oud was verongeluk haar Pa Jan Terblanche. n Wa het hom teen n krans vas gedruk. Har ma is toe weer getroud met n Andreas de Jager van Humansdorp. Andreas verlang toe na sy halfbroer wat in Harrismith distrik woon en besluit om vir die te gaan kuier. Die halwe broer was Piet van der Watt, vader van Kerneels van der Watt,eggenoot van Marja van der Watt (Gebore Meyer). Vervolg.............