Andreas de Jager se kuiertog na sy halfbroer Piet van der Watt het 3 maande geduur .Hulle kuier toe sommer vir n jaar. By Harrismith vrek Andreas se hele span osse aan Rooiwater. My Oupa grootjie ontmoet toe vir Agatha Catharina{17 jaar oud} ,enigste kind van ouma de Jager. Oupa Willem en Ouma De Jager raak toe verlief en trou later. Oorgrootjie de Jager wil toe nie terug Humansdorp toe nie want sy wil nie haar enigste kind los nie. Hulle vestig hulle toe op Oupa Grootjie Willem se uitnodiging op Vaalbank.Grootjie Willem en Ouma Catharina of Tina soos almal haar genoem het is 24 Maart 1891 getroud.Hulle het 2 seuns en 4 dogters gehad. Danie en Jan Catherina (Cath Haarhoff) Anna (Beukes) Mart(Burger/Fick) enWilla(Burger).