Ek is besig om 'n bundel saam te stel oor Pieter Jacobus Jacobs gebore 1 Junie 1881. Sy pa was Johannes Philippus gebore 6 April 1856. Sy pa was Frederik Jacobus gebore 27 Maart 1831. Sy pa was Johannes Philippus gebore 19 Mei 1799. Sy pa was Stephanus Gebore 15 November 1758. Sy pa was Pieter gebore 14 Oktober 1703. Sy pa was Daniel gebore 14 September 1673. Hy was een van Pierre gebore 1647 se drie kinders wat na Suid-Afrika gekom het.