Oorsprong van Van Wijcks in Nederland

Started by Hendrina F(Rina)(Greyvenstein) Van Wyk on Sunday, March 27, 2011
Showing all 2 posts

Volgens Philip van Wyk n Amerikaner, (Studie oor geskiedenis van die tuisdorp van die Van Wyks)is die oorsprong van die Van Wyks in Amerika, die stad Wyck by Duurstede Nederland. Fanie van Wyk (ons het waarskynlik die gemeenskaplike voorvader Louis wat in 1841 die plaas Elandskraal (Mooinooi) - waar ons albei gebore is- aangele.) Sy navorsing dui daarop dat ons Suid Afrikaaanse voorouers Roelof Adreanse (van Ingen) en Trijntje Jans op Saterdag 21 Aug 1667 getrou het. Ouerpaar het n seun Ari wat na sy oupa Adrian
vernoem is. Die genoemde ouerpaar is die voorouers van die oorgrote meederheid van die Van Wyks in Suid Afrika. Ingen is n dorpie wat n klipgooi vanaf Wyck by Duurstede is wat daarop dui dat die S A van Wyks ook in hierdie omgewing sy oorsprong gehad het. Wyck by Duurstede het n ryke voor geskiedenis en argeologiese opgrawings (die omvattendste in Nederland) dui op n pre historiese tydperk. Daar is aanduidings dat die gebied reeds deurlopend vanaf 2000 tot 800 jaar VC bewoon was. Dorestad (die voorloper dorp/stad van die gebied )dateer uit die 7de eeu . Die dorp was n die belangrike handelsstad met handel reg oor Europa maar het later sy handels funksie verloor en toe verdwyn. Dit was toe dat die dorp Wijk Dorestad se plek geleidelik ingeneem het. Wijk het bestaan lank voor Duurstede en is glad nie n onderdeel van laasgenoemde nie. Die dorpie Wijk dateer uit die l0de eeu en Gijsbrecht van Abcoude het op 12 Maart 1300 stadsregte aan Wijk verleen. Wijk by Duurstede is n saamgevoegde dorp wat sowat 700 jaar gelede gestig is. Die oorspronklike Wijk het uit n paar hektaar bestaan met n paar 100 bewoners. Landbou was die belangrikste bedrywigheid. Wijk se voor geskiedenis dui op groot betrokkenheid van die Vickings, Friese en Romeine met waterwee, tolgelde ens. AAB van Bemmel (Naar de Mark in haar omgewing) meld die volgende: De Naam Wijk is ook verbonde aan het eruit afkomstige geslacht Van Wijk. In 1208 vinden we een Godetridus Van Wijk in 1248 een ridder Steven Van Wijk en 1259 diens broer ridder Gisbert. Het waren waarschijnlik nie- bewoners de behoefte hadden aan een nadere plaatsbepaling van Wijk. Zy gebruikten daar de voor de hand liggende naam Wijk by Duurstede voor. De Nederzetting Wijk lag immers buiten de muren van kasteel Duurstede. Die dorpnaam Wijk is afgelei uit Latynse Wicus wat aantal huise, boerderye bymekaar of Villa beteken. Toevallig, het my jongste seun met dieselfde name as ek, sy seun (8jaar) Wikus gedoop. Duurstede verwys na n 1270 geboude kasteel naby Wijk. Daar word egter eers teen 1550 meer dikwels na die benaming Wijk by Duurstede verwys wat die gebied Wijk en kasteel insluit. (Bogenoemde is my aantekeninge uit: Wijk by Duurstede: 700 jaar: Ruitemtelijke Struktuur en bouwgeschiedenis: geredigeerd deur M A van der Eerden-Vonk, J Hauer, G W J van Omme. Hierdie notas is saamgestel deur Willem Jacobus van Wyk (Koos). Stamboom Hendrina F (Rina)(Greyventein) van Wyk.

Jammer vir n tikfout dielatynse oorsprongnaam vir Wijk is Vicus

Showing all 2 posts

Create a free account or login to participate in this discussion